Franse nasionale sokkerspan

Les Blues
Volle naam Franse nasionale sokkerspan
Bynaam/me Les Blues
("Die Bloues")
Tuisveld Stade de France
Kapasiteit 81 338
Afrigter Vlag van Frankryk Didier Deschamps
Kaptein Kylian Mbappé
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure

Die Franse nasionale sokkerspan verteenwoordig die land Frankryk in internasionale manssokker. Dit word beheer deur die Franse sokkerfederasie (FFF; Fédération française de football), die beheerliggaam van sokker in Frankryk. Dit is 'n lid van UEFA in Europa en FIFA in wêreldkompetisies.

Die span se kleure en beelde verwys na twee nasionale simbole: die Franse blou-wit-rooi driekleur en Galliese hoenderhaan (coq gaulois). Die span staan in die volksmond bekend as Les Bleus (Die Bloues). Hulle speel hul tuiswedstryde by die Stade de France in Saint-Denis en oefen by die Centre National du Football in Clairefontaine-en-Yvelines.


Developed by StudentB